John Kani | |
Geboortenaam | Bonsile John Kani |
---|---|
Geboorte | 30 Augustus 1943 New Brighton |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep(e) | Akteur |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Bonsile John Kani (gebore 1943) is ’n Suid-Afrikaanse akteur, teaterregisseur en dramaturg. Hy is in New Brighton, Suid-Afrika, gebore.
Kani het in 1965 by The Serpent Players in Port Elizabeth aangesluit en het verskeie toneelstukke help skep wat nooit gepubliseer is nie, maar wel voor groot gehore opgevoer is. Dit is gevolg deur die meer bekende Sizwe Banzi Is Dead en The Island, wat in die vroeë 1970's saam met Athol Fugard en Winston Ntshona geskryf is. Hy het ook ’n benoeming vir ’n Laurence Olivier-prys gekry vir sy rol in My Children My Africa!
Kani se werk is in talle plekke opgevoer, onder andere in New York, waar hy en Winston Ntshona in 1975 ’n Tony-toekenning ontvang het vir Sizwe Banzi Is Dead en The Island. Nothing But the Truth (2002) was sy debuut as alleenskrywer en is eerste in die Markteater in Johannesburg opgevoer. Hy het in 2003 die Fleur du Cap-toekenning ontvang vir beste akteur en beste nuwe Suid-Afrikaanse toneelstuk. In dieselfde jaar het hy ’n spesiale Obie-toekenning in die VSA gekry vir sy bydrae tot die teater.
Van sy ander pryse is ’n SAFTA-toekenning vir sy lewensbydrae, asook die Avanti Hall of Fame-, M-Net- en Clio-toekenning. In 2006 het hy ’n eredoktorsgraad van die Universiteit van Kaapstad ontvang.[1]